Ek is ‘n regte, trotse Afrikaanse girl.  Ek sing en dans en ‘drama’ maar nog altyd. Maar dit is eers in die afgelope twee jaar wat ek besef het dat daar dinge in my lewe gebeur het wat ek graag met mense wil deel. Ek glo in my hart dat daar baie mense is wat deur dieselfde of soortgelyke issues gaan.

My CD bestaan uit ‘n reeks verskillende oomblikke uit my lewe en my grootwordjare. Dit  gaan oor al die goeie tye, teleurstellings, daai ou wat jou nie raaksien nie en dieper vrae soos, “wie is ek?”. So my CD is eintlik die storie vn my lewe. My journey.  Dis baie inspirened en spreek alledaagsee issues aan. EK het baie gaan dink oor my lewe en oor dinge wat my aangeraak het as 'n meisie wat haar voete in die wereld moes vind.

Ek het die mees amazing mense gehad wat vir my die ongelooflikste lirieke en musiek geskryf het.  Hulle het my leer ken en my baie vining opgesom, my hart verstaan en voila!, ‘n CD wat my hoop, drome en visie as mens perfek reflekteer. 

Alle kunstenaars in die musiekbedryf deel een groot droom - om lekker musiek te maak met die hoop dat mense hullle daarmee kan vereenselwig en dat ons musiek dalk 'n verskil kan maak in hul dag. Musiek het daai wonderlike effek om mense te laat ontsnap uit die alledaagse realiteite, hul op te beur of dalk weer te motiveer om aan te gaan en te glo in alles goed.